Inspirasie vir elke dag

Granate bloei in Jerusalem
Nuwe treffer deur Marzanne Leroux-Van der Boon, liefdesverhaal, maar ook met die tema van 'n jong kunstenaar se soeke na Jesus (Yeshua) binne die eietyds historiese raamwerk van politieke Palestyns-Israeli-konflik ingeweef.
Hatikvah: Land van Hoop
Rivkah ontdek sy is swanger. Baie vrae oor die ongebore kind se opvoeding veroorsaak spanning tussen haar en Marc. Gaan hulle daarin slaag om in die Land van Hoop hoop vir hulle en hul ongebore seun te vind?
Shomer Yisra'el
Marc, Rikvah en hulle babaseuntjie moet ingrypende besluite neem wanneer die tweede Libanese oorlog uitbreek. En Marc se skoonpa, 'n rabbi, kom voor die grootste besluit van sy lewe te staan.
Tiferet Yisra'el
Die bekende hoofkarakters uit die vorige boeke in Marzanne Leroux-Van der Boon se gewilde "Israel-reeks" word weer in hulle geliefde land blootgestel aan die geweld van stedelike terreur en die vyandigheid van die omringende nie-Joodse lande.