Agter die skerms

Agter die skerms: Take Three
Twee onafhanklike rolprentmakers, Chase Ryan en Keith Ellison, wou die wêreld met hul films verander en nou begin hul drome ‘n werklikheid word. Maar Chase verlaat Jeremia Produksies permanent wanneer sy lewe onverwags rondomtalie.
Take Two
Take Two is Karen Kingsbury se tweede meesleurende boek in die Agter die skerms-reeks. Die twee onafhanklike rolprentvervaardigers, Chase Ryan en Keith Ellison, volg steeds hulle droom om in Hollywood rolprente te maak wat die wêreld sal verander. Beleef ook saam met die vier studente Bailey, Tim, Andi en Cody al die keuses wat hulle moet maak en die versoekings wat hulle moet hanteer.
Take one
Twee onbekende rolprentvervaardigers het 'n stryd om hulle droom te verwesenlik: Hulle wil deur 'n kragtige medium soos die rolprent mense se lewens verander. Nadat beleggers miljoene dollar in die projek belê het, begin alles uitmekaarval. Dit lyk of hulle 'n taak aangepak het wat ver bo hulle vuurmaakplek is. Sou dit tog moontlik wees om Sal hulle daarin slaag om óg bo uit te kom? Sal hulle met 'n kleinerige begroting 'n rolprent kan vervaardig wat enigiets wat tot dusver in die flimwêreld gedoen is, oortref? Of gaan hulle in die proses alles verloor?
Agter die skerms: Take Four
Hierdie is die vierde en laaste titel in die Agter die skerms-reeks. In Take Four, nadat Chase Ryan terugkeer na sy gesin en 'n werk in sy tuisdorp, teken rolprentmakers Keith Ellison en Dwayne Matthews 'n kontrak met die land se top jong filmster om in hul huidige film te speel.