Search: Spiritual Growth

Results 1 - 10 of 13

Resultaat

Die een oplossing vir die lewe

Die een oplossing vir die lewe
Outeur: 
Dr. Henry Cloud
Prys: 
R 139.95
Dr. Phil McGraw sê oor hierdie boek: “Dr. Cloud wys jou hoe om die resultate waarna jy soek in jou werk en by die huis te verkry.”

Dr. Phil McGraw sê oor hierdie boek: “Dr. Cloud wys jou hoe om die resultate waarna jy soek in jou werk en by die huis te verkry.”

Dr. Henry Cloud deel in Die een oplossing vir die lewe talle waardevolle strategieë vir ’n lewe met groter samehang en eenvoud ten opsigte van werk, gesin en geloof.

Die terugkeer van die verlore seun

Die terugkeer van die verlore seun
Outeur: 
Henri Nouwen
Prys: 
R 119.95
'n Persoonlike getuienis en intieme nadenke oor ons eie lewensreis en God se vertroosting vir ons diepste vrae – aan die hand van 'n aangrypende klassieke meesterstuk wat Jesus se verhaal oor ware tuiskoms vir ons uitbeeld.

Gedurende ‘n tyd van innerlike krisis in sy lewe kom Henri Nouwen ‘n afdruk van Rembrandt se skildery teë. Aangegryp deur dié dramatiese afbeelding van Jesus se gelykenis oor die verlore seun, ontgin Nouwen verskeie bewegings: die jonger seun se terugkeer, die ouer seun se wrewel en die vader se teer liefde. Nouwen bou dit uit as momente van ons eie geestelike reis waar ons, deur inoefening, ons instel op ons ware tuiskoms by God – as jonger seun, ook ouer seun en uiteindelik as vader vir ander.

Wat dissipelskap kos

Wat dissipelskap kos
Outeur: 
Dietrich Bonhoeffer
Prys: 
R 152.95
’n Meesterlike uiteensetting van die evangelie se kosbare hart – die bergpreek – die uitdaging wat God se genade aan ons rig: om Jesus regtig, voluit en enduit na te volg, wat dit ook al binne die stroomversnellings van ons gaan vra.

Gesien teen die agtergrond van die opbou tot die oorlog in Nazi-Duitsland, het hierdie opregte, openhartige neerpen van dissipelskap se prys, ’n kragtige realisme. Dit is ’n waterskeidingswerk wat gehalte teologie uit die studeerkamer geruk het binne die storms en stroomversnellings van ongekende krisistye vir Christene en die kerk.

Donkermaan, Volmaan

Donkermaan, Volmaan
Outeur: 
Christina Landman
Prys: 
R 114.95
Saam met die karakters in dié ware stories kan jy leer om die donkermaantye van die lewe te hanteer en na die lig te beweeg.

Christina Landman het ’n unieke storievertel-styl wat die karakters in hierdie ware verhale springlewendig uit die bladsye te voorskyn laat kom. Lesers kan identifiseer met elke spreker wat in hulle tipiese spreektaal hulle donkermaan-stories vertel, asook hulle pyn en opstand verwoord. Terwyl die berader hulle begelei om verwikkelde emosionele en sosiale probleme volwasse te hanteer, leer lesers self oorlewingstegnieke aan en skep hulle moed om weer ’n vervullende lewe in die lig te lei.

God se name

God se name
Outeur: 
Clifford Heys
Prys: 
R 104.95
'n Kostelike bundel oor God se name in die Bybel wat die vele kante van sy liefde en genade bekend stel aan dié wat aan Hom behoort. Hierdie rykdom gee die lig wat ons daaglikse geloof laat skitter. Leer die name ken en leer ken jou Here nader as 'n vriend.

Vir geloofsverryking: 'n Bundel wat in 'n heerlike geselstrant die klassieke (asook minder bekende) name vir God in die Bybel op ons geloofslewe vandag toepas. Die verskillende name word dwarsdeur die boek in ’n spesiale skrif uitgelig sodat die leser daarmee vertroud raak as tegniese begrippe in ons geloofslewe.

Elke naam se betekenis bring 'n nuwe kant na vore van God wat vir ons omgee, met ons besig is en ons enduit dra. Hierdie vele gesigte van genade word prakties en eietyds gekoppel aan die vrae, vrese en vreugdes van ons daaglikse lewe.

In die hande van die pottebakker

In die hande van die pottebakker
Outeur: 
Willem Nicol
Prys: 
R 129.95
Praktiese lewensgids oor die verrassende reis nadat ons in die hart vir God ja gesê het - die pad van omvorming waarin ons ingeoefen word om al hoe meer mee te gee in die hande van die Pottebakker.

Die geheim van heiliging ondersoek tot in die diepste kern waar ons slim woorde en “grids” met aanwysings stom raak en ons ons bloot leer meegee aan God wat met sy Gees in ons hart werk en ons omvorm. Só word ons hele alledaagse lewe al meer 'n gawe van God wat ons ook só kan ervaar.

Inhoudsopgawe:
1. Waaroor praat ons?
2. Die ekkigheid
3. Die saamwerk wat nie werk nie
4. Die Omvormer
5. Meegee
6. My eie aard
7. Leer by die lewe
8. Geestelike oefeninge

Maar God is goed

Maar God is goed
Outeur: 
Andries Cilliers
Prys: 
R 109.95
'n Skokkende maar tegelyk troosryke boek. Stories oor ons genadelose wêreld – en oor ons genadige God. Elke dag se nuus bring nuwe voorbeelde van hoe genadeloos mense met mekaar mors – ook in ons land.

As Christene sal ons dadelik sê ons glo in God se onvoorwaardelike genade vir sondaars. Darem snaaks dat ons dit skynbaar nie in die praktyk regtig van God glo nie; en nog snaakser dat mense van wie ons dit die minste sal verwag, ja ook onsself, so dikwels so genadeloos teenoor mekaar optree – soos die kortverhale in die boek so grafies uitbeeld.

Neem, lees!

Neem, lees!
Outeur: 
Dirkie Smit
Prys: 
R 125.95
Deurdat dit jou kan help om te verstaan wat alles gebeur wanneer ’n mens lees, help dit jou ook om veral die Bybel beter te lees en te verstaan.

Die klassieke boekie Hoe verstaan ons wat ons lees? uit die 1980's is volledig deur Dirkie Smit hersien en bygewerk:. Dit handel breedweg oor hoe ons die Bybel lees, uitlê, verstaan en toepas. Vanuit ’n historiese, sistematiese, etiese en praktiese perspektief nooi Neem, lees ... lesers uit om self die Bybel opnuut te lees en daarna te luister met nuwe oë en ore, met nuwe insig en nuwe hoop. Dis ’n boek óór die Bybel wat lesers uitnooi ná die Bybel.

Nuwe drome vir nuwe werklikhede

Nuwe drome vir nuwe werklikhede
Outeur: 
Nelus Niemandt
Prys: 
R 114.95
Die boek verduidelik aan gelowiges nege geloofspraktyke wat hulle in staat sal stel om in ‘n postmoderne tyd in die geloof te groei en vreugde in hulle Christenskap te vind.

Die boek beskryf die bedreigings vir die evangelie in ‘n postmoderne tyd en ontbloot uitgediende kerklike maskers, maar bied terselfdertyd op ‘n simpatieke manier nege vars geloofspraktyke wat gelowiges in staat sal stel om daardie soort gelowiges te wees wat die Here in ‘n tyd soos hierdie soek: mense wat nie kerk-kerk spéél nie, maar werklik kerk ís, soos die vroeë kerk was.

Ontmoetings met die lewende God

Outeur: 
Coenie Burger
Prys: 
R 89.95
Van die aangrypendste Bybelverhale is roepingsverhale. 'n Bewustheid van die Here se teenwoordigheid en werk in jou lewe maak al die verskil. Dit maak van 'n opdrag 'n genadevoorreg.

Van die aangrypendste Bybelverhale gaan oor die roeping van mense, en hoe hulle daarop reageer. Wie sy/haar roeping wil hoor en dit voor die Here wil leef, besef: 'n Bewustheid van die Here se teenwoordigheid en werk maak al die verskil. Dit maak van 'n opdrag 'n genadevoorreg en 'n geleentheid.