Produkte

'n Droom van 'n vrou
'n Romantiese verhaal oor 'n suksesvolle man wat die lewe saai vind sonder liefde en 'n weduwee wat leer om weer lief te hê nadat sy haar man en baba verloor het.
'n Groter God
God kan nie in een enkele beeld vasgevang word nie. En ons gedagteprent van God bepaal hoe ons dink God se karakter of aard is. Die skrywer werk met 'n wye verskeidenheid Godsbeelde in die Bybel om gelowiges te help nadink oor die God wat ons daaruit leer ken … en watter impak dit op ons lewe het.
'n Tweede kans om jou lief te hê
Wanneer die beroemde Drikus Serfontein terugkom Kaapstad toe, krap die plaaslike skoonheid wat ook sy universiteitsmeisie was, sy wêreld deurmekaar met die openbaring dat hy 'n pa is! Kan die groot liefde uit sy tuisdorp en sy nuutgevonde dogter aanpas in die Johannesburgse omgewing wat nou Drikus se tuiste is?
Take one
Twee onbekende rolprentvervaardigers het 'n stryd om hulle droom te verwesenlik: Hulle wil deur 'n kragtige medium soos die rolprent mense se lewens verander. Nadat beleggers miljoene dollar in die projek belê het, begin alles uitmekaarval. Dit lyk of hulle 'n taak aangepak het wat ver bo hulle vuurmaakplek is. Sou dit tog moontlik wees om Sal hulle daarin slaag om óg bo uit te kom? Sal hulle met 'n kleinerige begroting 'n rolprent kan vervaardig wat enigiets wat tot dusver in die flimwêreld gedoen is, oortref? Of gaan hulle in die proses alles verloor?
Agter die skerms: Take Three
Twee onafhanklike rolprentmakers, Chase Ryan en Keith Ellison, wou die wêreld met hul films verander en nou begin hul drome ‘n werklikheid word. Maar Chase verlaat Jeremia Produksies permanent wanneer sy lewe onverwags rondomtalie.
Take Two
Take Two is Karen Kingsbury se tweede meesleurende boek in die Agter die skerms-reeks. Die twee onafhanklike rolprentvervaardigers, Chase Ryan en Keith Ellison, volg steeds hulle droom om in Hollywood rolprente te maak wat die wêreld sal verander. Beleef ook saam met die vier studente Bailey, Tim, Andi en Cody al die keuses wat hulle moet maak en die versoekings wat hulle moet hanteer.
Algehele oorgawe
Ons verstaan nie wat dit beteken om, soos Jesus, heeltemal aan God oorgegee te wees nie. Dit is hoekom die sondige natuur en die eie ek nie oorwin kan word nie.. Die Here God verwag van sy kinders algehele oorgawe. Maar by baie kinders van die Here ontbreek die moed om tot daardie stap oor te gaan.
Bekroonde Vrou
Die skrywer ontgin die Bybelse verhale oor vroue en neem ons op 'n reis na sommige van die destydse kulture om mites en misverstande op te klaar en glashelder te wys: God het nog altyd 'n positiewe plan met vroue gehad, en Jesus het dit kom uitleef sodat mans én vroue dit kan begryp en geniet.
Beleef God!
Oor die jare het die Here die waarhede wat in Beleef God! vervat is, gebruik om mense aan te raak. Gevolglik het miljoene mense die Here beter leer ken, weet hulle hoe sy stem klink en verstaan hulle die Here se wil vir hulle lewe. Die Here het dieselfde ervaring vir jou in gedagte. Is jy gereed daarvoor?
Beter pa, ouliker seun
Die verhouding tussen pa en seun is iets besonders. 'n Pa het 'n besondere verantwoordelikheid om voortdurend die vaardigheid aan hulle seuns oor te dra om mans met integriteit te word. Dit het nie soseer te doen met watter soort ouer jy is nie, maar met watter soort mens jy is.