Hannah Alexander

Hannah Alexander is die naam waaronder die skrywerspaar Cheryl en Mel Hodde bekend staan. Toe hulle mekaar ontmoet het, het Cheryl al verskeie tydskrifartikels gepubliseer, terwyl Mel pas begin het in sy nuwe pos as hoof van die ongevalleafdeling by die plaaslike hospitaal. Agtien maande later is hulle getroud. Kort daarna het hulle saam begin werk aan ’n nuwe roman, Sacred trust, wat in 'n hospitaal afspeel.

Toe dit vir publikasie aanvaar is, het hulle nog vyf romans geskryf met die ongevalleafdeling van 'n fiktiewe plattelandse hospitaal in die Ozark-streek as agtergrond. Hideaway, die oorspronklike Engelse weergawe van die romantiese spanningsdrama wat as Alleenvlug vertaal is, is in 2004 met die Christy Award bekroon. Die egpaar woon in die Ozark-omgewing in Missouri, VSA.

Published by Lux Verbi: 

Alleenvlug / Hideaway