Nuwe Boeke
Hierdie is die vierde en laaste titel in die Agter die skerms-reeks. In Take Four, nadat Chase Ryan terugkeer na sy gesin en 'n werk in sy tuisdorp, teken rolprentmakers Keith Ellison en Dwayne Matthews 'n kontrak met die land se top jong filmster om in hul huidige film te speel.
Twee onbekende rolprentvervaardigers het 'n stryd om hulle droom te verwesenlik: Hulle wil deur 'n kragtige medium soos die rolprent mense se lewens verander. Nadat beleggers miljoene dollar in die projek belê het, begin alles uitmekaarval. Dit lyk of hulle 'n taak aangepak het wat ver bo hulle vuurmaakplek is. Sou dit tog moontlik wees om Sal hulle daarin slaag om óg bo uit te kom? Sal hulle met 'n kleinerige begroting 'n rolprent kan vervaardig wat enigiets wat tot dusver in die flimwêreld gedoen is, oortref? Of gaan hulle in die proses alles verloor?
Ons verstaan nie wat dit beteken om, soos Jesus, heeltemal aan God oorgegee te wees nie. Dit is hoekom die sondige natuur en die eie ek nie oorwin kan word nie.. Die Here God verwag van sy kinders algehele oorgawe. Maar by baie kinders van die Here ontbreek die moed om tot daardie stap oor te gaan.
Beleef die goedheid van God moedig lesers aan om die wêreld deur nuwe oë te sien. As ’n mens God se goedheid in die skynbaar alledaagse dinge om jou begin sien, sal jy onwillekeurig begin om Christus se liefde en sy ewige lig na die mense om jou te weerkaats.
Vir liefhebbers van blokraaisels is daar nou 'n Bybelblokraaiboek propvol blokraaie met Bybelse temas. Dit is 'n prettige manier om meer van die Bybel te leer en ook om jou kennis van die Bybel toets.
Die bekende skrywer Maretha Maartens kyk op 'n vars manier na daaglikse oordenkings. Sy kies elke dag van die jaar 'n ander soort blom en kyk na elkeen se eiesoortige eienskappe.
In Jesus & jy … faded genes & al gesels Nina Smit met die jong meisies van vandag oor hulle geloof – oor hoe hulle Jesus beter kan leer ken, al hoe meer soos Hy kan word en vir Hom kan leef.
Coach jouself vir die lewe is geskryf vir mense wat gereed is om 'n nuwe seisoen in hul lewe aan te pak, maar nie noodwendig weet waar om te begin nie.
Hierdie grootdrukdagboek is geset in 14.5 op 16 punt Palatino om lees te vergemaklik. Ds Kobus van der Westhuyzen bemoedig sy lesers op sy bekende, vertroostende manier deur hulle daaraan te herinner dat die Here sy kinders nooit in die steek laat en hul nooit verlaat nie.
Vind sin en betekenis in jou werksdag met hierdie elegante beplanner vir die stylvolle sakepersoon. Met motiverende verhale en oordenkings elke maand, en inspirerende aanhalings vir elke dag, is hierdie beplanner 'n onmisbare vennoot op jou suksespad.











