In die media

Ons leef in wonderlike tye, maar dit is nie stormvrye tye nie. Selfs in die kerk beleef ons storms weens die allervreemdste oortuigings oor die Bybel en Jesus Christus wat verkondig word. Adrio König kyk in hierdie boek indringend na hierdie oortuigings, en vra dan die vraag wat ons almal raak: Is die evangelie self nie op die spel nie?
God en die gode van Egipte
Tussen die onskuldige Laingsburgse plaasseun van gister en die emeritus-Filosofieprofessor van vandag het Willie Esterhuyse sy onskuld oor godsdienstige sake verloor. Op merkwaardige wyse verbeeld hierdie boek die reis vanaf 'n vraagtekenlose geloof in die God van die Christendom, na 'n breër siening oor die invloed van die antieke Egiptenare se mites, simbole en metafore op die godsbeelde en geloofsoortuigings van die Christelike tradisie.