Tuisblad
Coach jou kind vir die lewe
Coach jou kind vir die lewe is 'n praktiese gids propvol idees en oplossings oor hoe jy jou kind kan coach om beter te dink.
Dit sal jou help om 'n kind groot te maak wat oplossings soek, passievol leef en met 'n “Ek kan”-gesindheid die lewe vierkant in die oë wil kyk.
In 'n geselstrant neem die skrywer ouers deur die basiese aspekte van suksesvolle ouerskap, en hoe om 'n gesonde verhouding met jou kinders te bou en te handhaaf.
Kliek hier om die produk te bestel.
Ware verhale van hoop
Hier is verhale van nuusmakers, bekendes en doodgewone mense wat moes leer om trauma te hanteer: gewapende roof, moord, politieke geweld, verkragting, ongelukke van verkillende aard, ernstige, aftakelende siektes, die verlies van geliefdes, depressie, homoseksualiteit, teleurstelling, fisieke en intellektuele gestremdheid.
'n Boek met 'n les van hoop en oorwinning vir álmal – want wie is dan in hierdie lewe gevrywaar ongeluk en ongelukke?
Kliek hier om meer oor die produk te lees.
Die Bybel: Verantwoordelik lees is krities lees
Nürnberger wys op die gevolge van onoordeelkundige Bybellees en hoe dit die Bybelboodskap vandag ondermyn. Aan die ander kant is daar die dringende uitnodiging om God se Woord vir ons moderne wêreld te laat klink.
Dit vra insig in die goue draad wat deur die Bybelboodskap loop: van die God wat net net te veel omgee om sy visie van omvattende welsyn vir sy wêreld prys te gee. God gryp deur al die tye in om by die probleme en nood van sy mense in daardie omstandighede uit te help.
Kliek hier om die produk te bestel.
Aanlyn Katalogus
Jongste Nuusbrief
Nuwe Vrystellings

