Ware verhale van hoop
- Stories is skynbaar altyd 'n treffer vir boekverkope.
- Omdat dit boonop “verhale van hoop” is, behoort dit nog beter as gewoonlik te vaar.
- Soos met LIGDANS behoort die bekende mense en nuusmakers se stories 'n aantrekkingskrag te wees.
“Wie sou kon dink dat soveel pyn uiteindelik soveel hoop kon inhou?” vra 'n karakter in een van hierdie ware verhale van Suid-Afrikaners se belewenis van trauma, hartseer en verlies – wat egter telkens uitgeloop het op geestelike verdieping en persoonlike groei. Daar is selde feëverhaal-eindes, maar altyd is die ervaring boeiend en lewensgetrou en die hoop wat dit bied, eg.
Hier is verhale van nuusmakers, bekendes en doodgewone mense wat moes leer om trauma te hanteer: gewapende roof, moord, politieke geweld, verkragting, ongelukke van verkillende aard, ernstige, aftakelende siektes, die verlies van geliefdes, depressie, homoseksualiteit, teleurstelling, fisieke en intellektuele gestremdheid...
'n Boek met 'n les van hoop en oorwinning vir álmal – want wie is dan in hierdie lewe gevrywaar ongeluk en ongelukke?
Die grootste kinderbybel projek ooit!
Israel Ontbyt met Marzanne by Aardklop 2010


