Vrugbare Gebed
- Een van Andrew Murray se gewildste titels.
- Val saam met die 150-jarige herdenking van die groot herlewing.
- Een van die belangrikste temas in geestelike groei.
Andrew Murray, bekende predikant, evangelisasieprediker, skrywer, prediker en weldoener uit die vorige eeu se drie bekendste boeke oor gebed word hier in een volume aangebied. Dit handel onderskeidelik oor die riglyne vir gebed wat ons in Jesus se eie gebedslewe en in sy modelgebed, die Ons Vader, aantref.
Daarná behandel hy die groot gevaar van biddeloosheid onder andersins voorbeeldige gelowiges, en waarsku dat Satan volgehoue probeer om Christene van hulle sterkste wapen, ’n volgehoue en vreugdevolle gebedslewe, te beroof. Murray sluit die boek af met 'n insiggewende bespreking van hoe belangrik ’n plek van afsondering saam met die Here (“die binnekamer”) in ’n mens se gebedslewe is. Hy bespreek ook inspirerende en interessante voorbeelde van die gebedslewe van “gebedstyders”, soos Paulus, George Müller en Hudson Taylor. Vrugbare gebed bevat ook 'n lewenskets van dr Andrew Murray en ’n slotwoord deur die skrywer.

