Versendingsinligting
Bevestiging van bestellings
Wanneer jy jou bestelling plaas, sal ons 'n e-pos uitstuur om te bevestig dat ons die bestelling ontvang het en dat dit verwerk word.
Bevestiging van verskeping
Sodra die bestelling verskeep is, sal ons 'n tweede e-pos uitstuur om jou daarvan in kennis te stel. Alle bestellings wat op 'n weekdag (Maandag tot Vrydag) voor 09:00 geplaas word, sal binne 24 uur van ontvangs verskeep word mits die produkte in voorraad is.
Bestellings wat oor naweke geplaas word
Bestellings oor naweke word op die Maandag daarna verskeep. As jy 'n bestelling oor 'n naweek geplaas het en ná twee werkdae nog nie 'n e-pos van ons ontvang het wat bevestig dat dit verskeep is nie, skakel asseblief met ons by: aretha@luxverbi-bm.co.za.
Adres vir verskeping
Maak asseblief seker dat jy die korrekte adres vir verskeping verskaf. Ons gebruik deur-tot-deur-aflewering: Die plaaslike poskantoor sal jou in kennis stel wanneer die pakkie daar aangekom het.
Produkte uit voorraad
As 'n produk nie in voorraad is nie, sal ons jou binne een werkdag in kennis stel en die keuse bied om dit vir nasending te laat aanteken of om die bestelling te kanselleer.
Verspreiding
Lux Verbi.BM gebruik On-the-Dot se verspreidingsnetwerk. Vir enige navrae of probleme in verband met die aflewering van 'n pakkie, skakel gerus met Mariette du Toit by: mariette@luxverbi-bm.co.za of +27 (0)21 864 8273 (telefoon).
Die grootste kinderbybel projek ooit!
Israel Ontbyt met Marzanne by Aardklop 2010


