Tiferet Yisra'el
Marzanne se reeks romans wat in Israel afspeeldie is die jongste toevoeging ná Granate, Harikvah en Shomer. Omdat sy oor die land heen uitgenooi
word om praatjies te hou oor haar boeke, die situasie in die Midde-Ooste, en veral die terugkeer van die Jode na die beloofde land, is daar wye ge-
leentheid vir die boeke om te verkoop.
Die bekende hoofkarakters uit die vorige boeke in Marzanne Leroux-Van der Boon se gewilde "Israel-reeks" word weer in hulle geliefde land blootgestel aan die geweld van stedelike terreur en die vyandigheid van die omringende nie-Joodse lande. Aan die drama van onderlinge menseverhoudinge ontbreek dit ook nie wanneer Marc weer opgeroep word, hierdie keer vir militêre diens in Gasa , sy ma ’n slagoffer word van Suid-Afrika se eie geweld – die misdaadprobleem, en Marc sy jeugliefde Nicola weer ontmoet.
Boonop maak Henok Kabungu ’n verrassende ontdekkin wat hom in konflik bring met sy blanke vrou, en ou Zvi, 'n Holocaust-oorlewende, se skokkende herinneringe aan die Shoah laat die leser algaande besef waarom die Israeli’s so verbete vasklou aan hulle "beloofde land".
Die grootste kinderbybel projek ooit!
Israel Ontbyt met Marzanne by Aardklop 2010


