Shomer Yisra'el
- Die derde deel van die trilogie (na Granate bloei in Jerusalem en Hatikvah: Land van hoop)
- Pryswenner-skrywer
- Moderne fiksie
Dis die somer van 2006 in Jerusalem en die tweede Libanese oorlog breek uit.
Marc, Rivkah en hulle babaseuntjie word in die gewelddadige gebeure rondom hulle vasgevang. As die oorlog in intensiteit toeneem, word dit duidelik dat Marc, gevoelige kunstenaar wat hy is, beslis opgeroep sal word. Hulle persoonlike krisis verdiep wanneer hulle besef dat weer Rivkah swanger is, terwyl sy brand om as paramedikus haar deel tot die land se verdediging by te dra. Iets wat Marc ten sterkste afkeur.
Terselfdertyd maak hulle kennis met Henok en Sarah Kambungu, twee Suid-Afrikaners wat hulle op hulle eerste besoek aan Israel midde-in 'n oorlog bevind. Henok dra ná byna dertig jaar nog swaar aan sy donker herinnerings van die Kassinga-slagting gedurende die grensoorlog in Namibië.
Die grootste kinderbybel projek ooit!
Israel Ontbyt met Marzanne by Aardklop 2010


