Seën met slaaptyd 2

Seën met slaaptyd 2
Outeur: 
John Trent
ISBN: 
9780796312570
Formaat: 
Sagteband
Prys: 
R 89.95

Maak slaaptyd die beste tyd van die dag met Seën met slaaptyd 2! Dis spesifiek gemik op kinders van sewe jaar en jonger en sal maak dat hierdie tyd vir jou en jou kind geseënd is.

Nes die gewilde Seën met slaaptyd 1 is Seën met slaaptyd 2 gevul met 100 idees wat maklik is om te volg. Dit sluit stories in wat jy vir jou kind kan voorlees, prettige aktiwiteite, speletjies en veel meer! En net voordat jy die ligste afskakel is daar ook ‘n gebed wat jy hardop kan lees. Die doel daarmee is om jou liefde vir jou kind te bevestig en om jou kind se verhouding met God te verdiep.

Net ‘n paar minute elke aand sal jou help om die Bybelse model van seën toe te pas en geestelike waarhede met jou kind te deel wat ‘n leeftyd sal duur.