Seën met slaaptyd
- Topverkoperskrywer
- Propvol prettige idees, stories, verstommende eksperimente, boeiende kopkrappers en verbeeldingryke aktiwiteite
- Elke aktiwtiteit word afgesluit met ‘n seëngebed wat verpersoonlik kan word
Maak die beste gebruik van jul kosbare oomblikke saam deur jou kind elke aand voor slaaptyd te seën.
Seën met slaaptyd Volume 1 bevat 100 prettige idees om jou kleinding saans in die bed te sit, insluitend stories vir voorlees, verstommende eksperimente, boeiende kopkrappers, verbeeldingryke aktiwiteite en nog meer! Op elke slaaptydaktiwiteit volg boonop ’n seëngebed – sodat jy jou kind volgens die Bybelse voorbeeld van seën kan bekragtig en van God se liefde kan verseker.
Seën met slaaptyd sal jou help om elke dag op presies die regte noot af te sluit – en ’n innige, Christus-gesentreerde verhouding met jou kind te bou wat ’n leeftyd kan duur.

