Ontkenning
Lux Verbi (Eds) Bpk (hierna Lux Verbi) onderhou hierdie webwerf om by te dra tot openbare toegang tot inligting oor die Christelike geloof. Ons doel is om hierdie inligting bygewerk en akkuraat te hou. Ons onderneem om enige foute wat onder ons aandag gebring word te probeer regstel.
Desnieteenstaande aanvaar Lux Verbi geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid hoegenaamd vir die inligting op hierdie webwerf nie. Hierdie materiaal is:
- inligting van 'n Christelike aard, bedoel om die evangelie van Jesus Christus te versprei;
- nie noodwendig omvattend, volledig, akkuraat of bygewerk nie;
- soms geskakel aan eksterne webwerwe waaroor Lux Verbi geen beheer het en waarvoor Lux Verbi geen verantwoordelikheid aanvaar nie;
- nie 'n professionele mening nie (sou jy spesialisadvies benodig, stel ons voor dat jy iemand met 'n geskikte professionele kwalifikasie raadpleeg, soos 'n pastoor, predikant, priester of pastorale sielkundige).
Ons stel ons dit ten doel om ontwrigting deur tegniese foute so ver moontlik te beperk. Nogtans is dit moontlik dat van die data of inligting op ons webwerf geskep of verwerk is in lêers of formate wat wel foute bevat. Daarom kan ons nie waarborg dat ons diens nie deur sulke probleme onderbreek of andersins geraak sal word nie. Lux Verbi aanvaar geen aanspreeklikheid wat sulke probleme betref of vir verliese gely weens die gebruik van hierdie webwerf of enige eksterne webwerwe waaraan dit geskakel is nie.
Die inhoud van Lux Verbi se webwerf en die eksterne skakels met hierdie webwerf mag slegs op 'n persoonlike rekenaar geberg word; harde kopieë mag slegs vir persoonlike, niekommersiële gebruik gemaak word.

