Nederigheid
- Een van Andrew Murray se gewildste titels.
- Val saam met die 150-jarige herdenking van die groot herlewing.
- Een van die belangrikste temas in geestelike groei.
As ons regtig nederig wil wees, nie net voor God nie, maar ook teenoor alle mense – en as ons in dié soort nederigheid vreugde wil vind – dan moet ons insien dat dit nie bloot die teken van berou oor ons sonde is nie, maar dat dit beteken om vol te wees van die heerlikheid en vreugde van die hemel en van Jesus. Jesus het sy heerlikheid daarin gevind om die houding van ’n slaaf aan te neem (Matteus 20:27). Hy verduidelik eenvoudig die waarheid dat niks so Goddeliks en hemels is as om almal se slaaf te wees nie. Wanneer ons insien dat nederigheid oneindig dieper as skuldgevoel lê en daaraan dink as ons deelname aan die lewe van Jesus, sal ons begin leer daar lê werklike grootheid in. Om almal se dienskneg te wees, is die hoogste vervulling van ons roeping as mens wat na God se beeld geskep is.

