Meer oor Lux Verbi.BM
Visie
Lux Verbi.BM se visie is om Christelike geloofsgemeenskappe in Afrika te bemagtig en betekenis aan hulle lewe te help gee deur Christelike, verantwoordelike inhoud te skep, te verpak en te versprei.
Missie
In vennootskap met en tot voordeel van Christelike geloofsgemeenskappe, outeurs en aandeelhouers produseer en versprei Lux Verbi.BM se gemotiveerde werknemers toonaangewende Christelike materiaal teen mededingende pryse en gerugsteun deur uitstekende diens.
Oor Lux Verbi.BM
Die Latynse frase "lux verbi" – wat "lig vir die wêreld" beteken – is die perfekte beskrywing vir die essensie en identiteit van ons maatskappy. Lux Verbi.BM se doelwit is om die Goeie Nuus deur middel van ons Bybels, boeke en verskeie elektroniese media te versprei, hoofsaaklik in Afrika.
Lux Verbi.BM is het ontstaan uit die oudste uitgewersmaatskappy in Suid-Afrika, NG Kerk-Uitgewers, wat in 1818 gestig is. Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika, wat uit dieselfde moedermaatskappy ontstaan het, versprei steeds miljoene Bybels elke jaar.
Lux Verbi en Bybel-Media se besigheidseenhede het in 1999 saamgesmelt om 'n sterk, opwindende nuwe maatskappy te vorm; dit is Lux Verbi.BM genoem. Bybel-Media is steeds 'n onafhanklike maatskappy, wat die bedienings bestuur. Ons is nou beter daartoe in staat om effektief te voorsien in die behoeftes en vir die uitdagings van die nuwe millennium … media vir Christus in Afrika en verder.
Lux Verbi.BM is in 1999 in die Naspers-groep, die grootste mediagroep in Afrika, opgeneem. Napers, met hulle wêreldwye visie en verstaan van tegnologie, bied aan ons die platform om verder te groei en te ontwikkel. In 2002 het Lux Verbi.BM die strategiese besluit geneem om die kleinhandel-aspek van ons besigheid na een van Naspers se kleinhandelafdelings, Van Schaik, te verskuif. Naspers het besluit om al hulle verskillende besigheideenhede saam te smelt; gevolglik is alle kleinhandelsake – wat die Lux Verbi-boekwinkels ingesluit het – verder deur Van Schaik bestuur. Hierdie besluit het dit vir Lux Verbi.BM moontlik gemaak om te fokus op groothandel en die ontwikkeling van inhoud. Lux Verbi.BM het onlangs die regte verkry om produkte te versprei van internasionale uitgewers soos LifeWay International en Zondervan, asook die verspreidingsregte vir die NIV Bybel in Suid-Afrika en die res van Afrika.
Ons doelwitte
- Om die evangelie oor die hele Afrika heen te versprei deur middel van gedrukte en ander media.
- Om te voorsien in die geestelike behoeftes van lesers van alle ouderdomme en uit ʼn wye verskeidenheid taalgemeenskappe.
- Om pastors, teoloë en studente van handboeke te voorsien.
Ons strategieë om bogenoemde doelwitte te verwesenlik
- Ons dra sorg om te verseker dat die inhoud van ons produkte met Bybelse beginsels ooreenstem.
- Om tree eties op – met integriteit, verantwoordelikheid en respek – teenoor die maatskappy, ons aandeelhouers, die gemeenskap en die omgewing.
- Ons produkte word op ’n esteties aantreklike manier aangebied.
- Ons doen moeite om ons produkte so bekostigbaar moontlik te hou.
- Ons bring ons produkte onder die aandag van lesers oor die hele Afrika heen met behulp van uitgebreide reklame- en bemarkingstrategieë.
- Danksy koproduksies met gerespekteerde buitelandse uitgewers is Lux Verbi.BM in staat om publikasies wat andersins onbekostigbaar sou gewees het aan lesers beskikbaar te stel. Buiten die Engelse publikasies wat ons self genereer, bou Lux Verbi.BM aan ’n sterk afdeling vir internasionale titels (ons International Book Division) om boeke te kan verskaf wat in die behoeftes van ’n selfs breër mark help voorsien.
- Ons is innoverend en ondersoek nuwe geleenthede.
Die grootste kinderbybel projek ooit!
Israel Ontbyt met Marzanne by Aardklop 2010


