Jesus-beginsels vir doelgerigte liefde
Hoe oorbrug ons die gaping oor verhoudings – die gaping tussen waarop ons hoop en wat ons begeer aan die een kant en wat in werklikheid met ons gebeur aan die ander kant?
Aan die een kant van die gaping is die werklikheid van mislukte huwelike, afwesige ouers, opstandige kinders, ontroue vriende en kerkgroepe wat skinder. Aan die ander kant van hierdie gaping moet ons die woorde van Jesus in gedagte hou: “Ek gee julle ’n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê” (Johannes 13:34).
Jesus was goed met verhoudings. Die skares het na Hom toe gestroom, sy volgelinge was mal daaroor om naby Hom te wees en selfs sy vyande het vir Hom ’n onbedoelde pluimpie gegee toe hulle Hom ’n “vriend van … sondaars” genoem het.
Aan die einde van elke dag se leeswerk sal jy drie hulpmiddels kry wat jou in jou studie kan help. Die eerste word genoem “Iets om oor na te dink”, wat die hoofstuk se boodskap in ’n sin saamvat. Tweedens is daar “’n Vers om te onthou”, wat ’n vers uit die Bybel gee wat jy kan leer. Daar is nie baie van ons wat in staat is om ’n vers vir elke dag uit die kop te leer nie, en tog sal jy op verrassende maniere geestelik verfris en versterk word as jy een of meer van die verse by elke week kan kies en memoriseer. Aan die einde van elke hoofstuk is daar ook ’n “’n Vraag om te oorweeg” – ’n persoonlike vraag wat jou sal help om jou gedagtes op handeling en verandering te fokus. Aan die einde van die boek is daar ’n lys van bykomende “Vrae vir vriendekringe, pare en kleingroepe”.
Die grootste kinderbybel projek ooit!
Israel Ontbyt met Marzanne by Aardklop 2010


