Handboek by die Bybel
Daar het al meer as 3 miljoen eksemplare van die Handboek by die Bybel in 30 tale verskyn. Die Handboek by die Bybel het ’n uitsonderlike reputasie verwerf as die nuttigste en toeganklikste gids by dié topverkoper in die ganse geskiedenis: die Bybel.
Hierdie vierde uitgawe is ’n volledige hersiene uitgawe van die bekende en vertroude Handboek by die Bybel. ’n Aantal spesiale artikels is herskryf of hersien en foto’s van meer onlangse argeologiese ontdekkings is ingesluit, tesame met bykomende hulp aan lesers om sekere items op te spoor.
Die volledige werk beslaan 816 bladsye gepak met inligting en insig wat kleurryk, opwindend, gesaghebbend, leesbaar, en dikwels uitdagend en besielend is - geskryf deur kundiges wat die rykheid van die Bybel ontdek het en dit met ander wil deel.

