Granate bloei in Jerusalem
Marc, 'n sensitiewe Suid-Afrikaanse jong kunstenaar, gaan na Jerusalem om sy Joodse ouma, Ruwth, te ontmoet en sy eie Joodse wortels na te speur. Hy vind so sterk aanklank by die Joodse geloof dat hy verstrengel raak in 'n geloofstryd :bestaan Jesus regtig? Te midde van geweld en selfmoord-bomaanvalle kry hy Rivkah, die dapper Jodin, lief. Terug in Suid-Afrika moet hy die chaos in sy hart probeer orden: Is hy Christen of Jood? Suid-Afrikaner of Israeli? Sien hy kans om sy aan sy met geweld en onrus in Israel te leef al is dit saam met Rivkah? En wie is Yeshua (Jesus)? Bestaan Hy werklik?

