Geloof en Twyfel
Een van die sleutelkwessies vir elke Christen: Hoe om twyfel te hanteer. Uiters gewilde skrywer. Elke Christen moet weet hoe om twyfel wat in sy/haar geloofslewe voorkom sinvol in te span om geloofgroei te stimuleer.
Ons dink dikwels dat twyfel die teenoorgestelde van geloof is. Maar twyfel kan in der waarheid ’n mens se geloof versterk. Volgens John Ortberg vereis die eie-aard van geloof ’n mate van onsekerheid en twyfel. Dit is juis twyfel wat ons insig verbreed, onsekerheid kan tot vertroue lei, en ’n eerlike geloof wat met twyfel rekening hou , lei tot diepgewortelde hoop.

