Daar's geen einde aan Sy liefde nie

Daar's geen einde aan Sy liefde nie
Outeur: 
KOBUS VAN DER WESTHUYZEN
ISBN: 
9780796309952
Formaat: 
Sagteband
Prys: 
R 125.95

 

Hierdie grootdrukdagboek is geset in 14.5 op 16 punt Palatino om lees te vergemaklik. Ds Kobus van der Westhuyzen bemoedig sy lesers op sy bekende, vertroostende manier deur hulle daaraan te herinner dat die Here sy kinders nooit in die steek laat en hul nooit verlaat nie. Hoewel baie dinge op hierdie aarde tot ‘n einde kom, is daar geen einde aan God se liefde nie. Daarom is die pad deur hierdie lewe vir dié wat in Christus glo, ‘n geloofsreis. Al weet ons nie waarlangs ons pad sal loop nie, weet ons saam met Wie ons loop.

Daarom kan ons saam met die psalmdigter getuig:

Loof die Here, want Hy is goed.
Aan sy liefde is daar geen einde nie.
Loof die Here van die hemel!
Aan sy liefde is daar geen einde nie.
Psalm 136:1, 26