Coach jou kind vir die lewe

Coach jou kind vir die lewe
Outeur: 
Tanya van Zyl
ISBN: 
9780796310422
Formaat: 
Hardeband
Prys: 
R 139.95
USP: 

Dis 'n boek met 'n ingeslote CD (waarop die skrywer sekere belangrike aspekte verder verduidelik).

Coach jou kind vir die lewe is 'n praktiese gids vir ouers wat graag hul kinders wil leer:

  •     om oplossingsgerig te dink
  •     om probleme as geleenthede te beskou en nie daarteen vas te kyk as blokkasies nie
  •     om verantwoordelikheid vir en eienaarskap van situasies te neem
  •     om beter keuses te maak en besluite te neem
  •     om te streef na 'n groter visie vir hul lewe.

Coach jou kind vir die lewe is 'n praktiese gids propvol idees en oplossings oor hoe jy jou kind kan coach om beter te dink. Dit sal jou help om 'n kind groot te maak wat oplossings soek, passievol leef en met 'n “Ek kan”-gesindheid die lewe vierkant in die oë wil kyk. Hierdie boek is gerig op ouers en het 'n praktiese aanslag.

In 'n geselstrant neem die skrywer ouers deur die basiese aspekte van suksesvolle ouerskap, en hoe om 'n gesonde verhouding met jou kinders te bou en te handhaaf. Met hierdie boek sal jy leer om jou kinders te help om 'n meer effektiewe, oplossingsgeoriënteerde manier van dink aan te leer. Die boek kweek “Ek kan”-kinders wat met positiewe oë na die lewe kyk.