Bybelse Dagboek
Die bekende skrywer Maretha Maartens kyk op 'n vars manier na daaglikse oordenkings. Sy kies elke dag van die jaar 'n ander soort blom en kyk na elkeen se eiesoortige eienskappe. Na aanleiding hiervan bespreek sy die ooreenkomste tussen die natuurlike en die geestelike wêreld. Al haar gedagtes word deurentyd met relevante Skrifgedeeltes ondersteun om die leser te help verstaan.
Uiteindelik word die leser gelei om 'n persoonlike gebed neer te skryf op grond van die waarheid wat daardie dag geleer is. Dink na oor die skoonheid en diversiteit van die blommeryk, en vind uit hoe dit by ons emosies, vrese, innerlike stryd en daaglikse realiteit aansluit. Namate jy dit doen, sal jy die unieke, aangename geur van Christus begin versprei wat God vir ander se onthalwe binne-in jou geplaas het.

