Beter pa, ouliker seun
Een van die sleutelkwessies vir elke Christenpa: Hoe om sy seuns groot te maak. Baie min soortgelyke publikasies op die mark. As Christen-pa sal jy hier praktiese raad kry oor om jou seun groot te maak sodat jy algaande trotser en dankbaarder sal word vir dié soort seun wat en man wat hy geword het.
Die verhouding tussen pa en seun is iets besonders. 'n Pa het 'n besondere verantwoordelikheid om voortdurend die vaardigheid aan hulle seuns oor te dra om mans met integriteit te word. Dit het nie soseer te doen met watter soort ouer jy is nie, maar met watter soort mens jy is.
In hierdie boek wys Rick Johnson hoe jy met jou seun oor belangrike sake kan gesels, hoe jy ’n vertrouensverhouding met hom kan skep en die tien algemeenste foute van pa’s kan vermy. Hierdie boek sal jou help om dié soort pa te wees wat God jou bedoel het om te wees – en so kan jou seun ontwikkel in die man waarop jy trots sal wees.

