Bekroonde Vrou
Hierdie boek, wat die vrug van 'n diepgaande studie is, bied 'n besonder boeiende, verrykende en positiewe beeld van die vrou. Die tema kan opgesom word met hierdie één vraag: Wat beteken Jesus vir vroue?
Die skrywer ontgin die Bybelse verhale oor vroue en neem ons op 'n reis na sommige van die destydse kulture om mites en misverstande op te klaar en glashelder te wys: God het nog altyd 'n positiewe plan met vroue gehad, en Jesus het dit kom uitleef sodat mans én vroue dit kan begryp en geniet.
Elke hoofstuk sluit af met enkele vrae vir selfondersoek, 'n voorstel vir ’n voorneme om te maak, en 'n kort gebed.

