Agter die skerms: Take one

Take one
Outeur: 
Karen Kingsbury
ISBN: 
978 0796310194
Formaat: 
Sagteband
Prys: 
R 139.95
USP: 
  • Karen Kingsbury is bekend as “die koningin van Christelike fiksie” en wêreldbekend en -gewild.
  • 'n “Scoop” vir Lux Verbi om haar nuutste roman net enkele maande ná verskyning in die VSA in Afrikaans te publiseer.
  • “Kan-nie-neersit-nie-leesmateriaal, maar ook vernuftige metode om d.m.v oortuigende karakters en ’n pakkende storielyn (dit speel af die rolprentwêreld) morele kwessies en waardes te belig. Geskryf om onopsigtelik geestelike groei by lesers te bevorder.

Die filmvervaardigers Chase Ryan en Keith Ellisonhet die sendingveld van Indonesië verlaat om d.m.v. 'n Hollywood-film 'n groter sendingterrein te betree. Hulle slaag daarin om die feitlik onmoontlike reg te kry deur genoeg geld in te samel om ’n vollengte-speelprent te kan maak, waarvan die boodskap die potensiaal het om die wêreld te verander.

Maar wanneer Chase en Keith begin skiet, begin hulle planne uitrafel. Om die miljoene dollar wat in die film belê is te probeer red, maak hulle desperate nuwe planne om die vervaardiging van die rolprent aan die gang te hou.
Maar die kreatiewe geestelike passie wat hulle oorspronklik gemotiveer het, word geknel deur talle probleme: 'n temperamentele rolprentster, 'n skedule wat verkeerd loop, hulle persoonlike onsekerhede...

Hulle begin wonder: Was dit regtig God wat hulle geïnspireer het om dié film te maak?

'n Toevallig ontmoeting en vriendskap met John Baxter kan die bemoediging bring wat hulle nodig het om tóg hulle missie te volvoer en 'n film te maak wat mense se lewe kan verander. Maar die vraag is of hulle tussen al die morele kwessies en die flitsende kameras deur dinge eerlik sal kan hou, en daarin sal slaag om 'n totaal uitsonderlike rolprent te verfilm. Of is die risiko vir almal net te hoog?