Agter die skerms: Take Four
- Topverkoperskrywer van Christelike fiksie
- Byna 13 miljoen boeke in druk
Hierdie is die vierde en laaste titel in die Agter die skerms-reeks. In Take Four, nadat Chase Ryan terugkeer na sy gesin en ‘n werk in sy tuisdorp, teken rolprentmakers Keith Ellison en Dwayne Matthews ‘n kontrak met die land se top jong filmster om in hul huidige film te speel. Maar terselfdertyd is die akteur betrokke in ‘n openbare skandaal wat sy reputasie by sy aanhangers skade kan berokken. Intussen kom daar genesing in Andi Ellison se verhouding met God, haar familie en die mense vir wie sy lief is, maar is dit dalk te laat?
Die nuwe vervaardigers ontdek dat hulle waarlik soos sendelinge moet optree om hulle film, hul gesinne en die jong filmster, te red. Hulle ervaar deurbrake waarvan die publiek nooit sal weet nie, terwyl die moontlikheid om die wêreld deur films te red uiteindelik ‘n groter werklikheid word.

