Aanbevelings

"Sonder liefde is ons bankrot! Dit is waarskynlık hoekom daar 39 mıljoen liefdesliedjıes op dıe internet gelys is. Hierdie boek is ʼn praktıese hulpmiddel om die liefdesgebod gefokus uit te leef.

40 dae in doelgerıgte liefde het lewensveranderende potensiaal. Om dié praktiese wenke en uitdagıngs in groepsverband deur te werk en teenoor ons naaste uit te leef klınk vır my na hemel op aarde!"

Dieter Voight, Pasella-aanbieder en Meneer Suid-Afrika 2007

 
 
"Ons gemeente het met groot vrug die eerste twee 40 dae-boeke  wat deur Rick Warren geskryf is, gedoen. Die hulpmiddels was prakties en maklik om te gebruik en het die gemeente aan die gesels gekry en boonop ons kleingroepbediening 'n groot hupstoot gegee.

40 dae in doelgerigte liefde is 'n wonderlike voortbou op wat alreeds gedoen is en hierdie boek met die tema van liefde help om dié groot prioriteit van die evangelie weer op die voorgrond te plaas."

Lettie Büchner, Jeugleraar by NG Moedergemeente in Wellington