40 Dae in doelgerigte liefde

40 Dae in doelgerigte liefde
Subtitel: 
Ons is geskep vir verhoudings
Outeur: 
Rick Warren
ISBN: 
9780796310910
Formaat: 
Sagte band
Prys: 
R 49.95

Die antwoord op die vraag wat vir die gelowige belangrik is, vertel tegelykertyd watter waardes vir hom/haar uitstaan. Dit is op hierdie waardes wat die gelowige se besluite beïnvloed en bepaal.

Die Here sê dat elkeen van ons wil hê dat iemand ons liefhet. Jesus het by geleentheid verduidelik dat die twee belangrikste gebooie van almal in die Bybel is om die Here met jou hele hart lief te hê en jou naaste soos jouself.

In hierdie Bybelstudie vir groepe verduidelik Rick Warren dat ons hoogste mikpunt in die lewe moet wees om God en ons medemens lief te hê. Dit moet ons eerste prioriteit, ons sterkste ambisie, ons diepste verlange, ons voortdurende mikpunt, ons passievolle bedoeling en oorheersende waarde in die lewe wees. Hoe meer ons leer om eerlik en opreg lief te hê hoe meer sal ons soos Jesus word.