Boek Voorskou
Bekroonde Vrou
Ons eerste reis voer ons na letterlik die mooiste en mees fantastiese plek ter wêreld. Ons gaan naamlik op soek na die oorsprong van die
mens. Vir aanhangers van die evolusieteorie is dit niks meer as 'n dag-uitstappie nie; die plaaslike dieretuin is al voldoende.
|
Coach jou kind vir die lewe
Vir watter ouer is sy of haar kinders nie dié belangrikste in die lewe nie? As ma van drie kinders weet ek hoe dit voel om in daardie blink ogies te kyk, hulle drome te hoor en om selfs in die moeilikste tye net die beste vir hulle te wil hê.
|
Die hart van 'n wenner
Stefan dra pal sy F.R.O.G.-armbandjie. Maar ongelukkig weerspieël sy persoonlike lewe 'n gans ander beeld. Hy is die kulminasie van al die negatiewe dinge wat gedurende sy kinderdae met hom gebeur het. Hy voel minderwaardig teenoor ander mense. Hy word dikwels oor die hoof gesien by sy werk wanneer dit tyd is vir bevordering,want almal beskou hom as iemand wat onseker is van homself.
|
Dieper as wat ons dink
Een van die gewildste historici van ons tyd is Felipe Fernández-Armesto, wie se boeke soos soetkoek verkoop. Hy is gefassineer met perspektief. Hoe dinge lyk – is sy motto – hang af van hoe ons na hulle kyk. Met ’n ander oog, uit 'n ander hoek, lyk hulle dalk heel ánders.
|
Geskep vir 'n beter toekoms
As jy ons hier in New York sou kom besoek, sou jy jouself behoorlik geniet – solank jy een ding vermy. Jy kan gaan inkopies doen in Fifth Avenue, 'n toneelstuk op Broadway geniet – en natuurlik moet jy beslis vir ons by die Brooklyn Tabernacle kom besoek tydens een van ons drie Sondagdienste of met die biduur op 'n Dinsdagaand. Moet net nie kyk na wat huise in New York kos nie!
|
God en die gode van Egipte
My begrip van God is gebore in die eenvoudige huis van Middelplaas neffens die Buffelsrivier en net onderkant die dorp Laingsburg. By kers- en lanternlig, want die elektrisiteitsopwekker wat my handige pa met behulp van die familiefirma Andrag gebou het, het beperkte vermoëns gehad.
|
God seën Afrika
Sprakelende en aangrypende stories, gebed en wyshede uit Afrika. Elkeen soek die een of ander tyd 'n aangrypende storie wat 'n besondere waarheid onderstreep, of ’n bepaalde waarheid gevat raakvat, of 'n gebed wat jou uitsig verruim.
|
Jy mag maar vra-omnibus
Elke jaar in Desember kry die poskantoor duisende briewe van kinders wat aan Kersvader geadresseer is. Daarin vra hulle van hom alles wat hulle hart begeer. En hulle glo dat hy dit sal bring! Noudat jy ouer is, weet jy dat Kersvader net iemand is wat mense uitgedink het om Kersfees meer opwindend te maak. Maar daar was tog ’n tyd toe jy gewonder het of hy nie dalk regtig bestaan nie.
|
Leefstyl-Bybel vir vroue
As 'n mens bloot op grond van die naam van hierdie boek oordeel, lei jy maklik af dat die skrywer daarvan die man Esra was. Toe nie. Die boeke Esra en Nehemia sowel as 1 en 2 Kronieke is deur dieselfde (onbekende) skrywer(s) opgeteken. Eeue later is dié persoon of persone "gedoop" tot "die Kronis", dit wil sê die een wat die "kronieke" (geskiedenis) opgeteken het.
|
Ontwikkel die leier in jou kind
Ouers het gewoonlik groot drome vir hulle kinders. Afgesien van die feit dat hulle, ten minste aanvanklik, dink dat hulle kinders die mooiste en oulikste is, droom hulle baie groot drome vir hulle kinders. Hulle droom van roem en rykdom, van sukses en prestasie.
|










Die grootste kinderbybel projek ooit!
Israel Ontbyt met Marzanne by Aardklop 2010


