Nasionale Skrywers
|
Adrio König was sedert 1975 professor in sistematiese teologie aan Unisa, en is bekend as begaafde skrywer van talle akademiese sowel as populêre boeke en artikels.
|
|
Altus Nel was voorheen predikant, maar tans skilder en skryf hy voltyds. Hy woon in Witrivier, Mpumalanga.
|
|
André Bartlett is predikant van die NG gemeente Aasvoëlkop in Johannesburg. Hy is 'n bekende in kerklike kringe en dien in verskeie kerklike strukture, onder meer as voorsitter van die Gautengse Raad van Kerke.
|
|
Andrew Murray is in 1828 gebore en in 1917 oorlede. Hy is in Skotland en Holland opgelei en was sy lewe lank predikant in Suid-Afrika. Hy is die Suid-Afrikaanse teoloog wie se boeke in die meeste tale vertaal is.
|
|
Dr Andries Cilliers is predikant van die NG gemeente Sonstraal in Durbanville, naby Kaapstad. Hy is 'n gerekende skrywer van etlike boeke en hoog aangeprese vertaler, asook rubriekskrywer vir kerklike tydskrifte.
|
|
Annalise is 'n bekende skrywer, sanger en liedjieskrywer. Sy tree ook gereeld op as geleentheidspreker en aanbieder van kampe en seminare oor praktiese Christenskap.
|
|
Annelize is 'n pastorale terapeut en verbonde aan die AE Trauma Clinic, waar sy spesialiseer in berading vir chroniese trauma (molestering, verwerping en verwaarlosing) en akute trauma (kapings, verkragtings, gewapende roof, ens).
|
|
Anton van Niekerk woon op Stellenbosch, waar hy professor in filosofie is en direkteur van die US se Sentrum vir Toegepaste Etiek. Hy is die skrywer, medeskrywer of redakteur van sewentien boeke en meer as twee honderd vakwetenskaplike en populêre artikels.
|
|
Attie Barnard was jare lank hoof van die Departement Praktiese Teologie aan die Universiteit van Pretoria. Hy was deur sy teologiese en kerklike loopbaan heen ten nouste betrokke by sake rakende die erediens.
|
|
Attie van Wijk was tot met sy aftrede prinsipaal van die Nehemia-Instituut sowel as die Hugenote-Bybelinstituut op Wellington, asook Hoof: Bedienings van Bybel-Media en voorsitter van die Association of Christian Theological Schools.
|




Die grootste kinderbybel projek ooit!
Israel Ontbyt met Marzanne by Aardklop 2010


