Internasionale Skrywers

Robin Lee Hatcher, CBA se suksesvolle skrywer van topverkopers en wenner van beide die Christy en die RITA Award, se romans word in veertien lande wêreldwyd versprei.
Annes Nel
Annes Nel het sy doktorsgraad in sistematiese teologie aan die Universiteit Stellenbosch verwerf, waarna hy predikant en dosent in Namibië geword het, en nog later medeprofessor in die Departement Teologie aan die Universiteit van Zoeloeland.
Beth Moore
Beth Moore se bediening is gegrond in en word gevoed deur haar tuisgemeente, First Baptist Church, in Houston, Texas. Daar dien sy in die gemeenteraad en onderrig 'n groot Sondagskoolklas.
Cheri Fuller is ʼn inspirerende spreker en die skrywer van meer as twintig boeke. Sy skryf ook gereeld vir tydskrifte en is 'n gewese onderwyseres wat saam met haar man in Oklahoma City woon.
Dag Heward-Mills – 'n mediese dokter – is die stigter en voorsittende biskop van Lighthouse Chapel International, wat 'n wêreldwye denominasie geword het met gemeentes in die Verenigde State, Europa, Afrika, Asië, die Karibiese eilande en Australië. Hy het meer as twintig jaar ondervinding in die bediening, en 'n persoonlike passie om mense te help bekeer en die kerk te help uitbrei.
David en Pat Alexander is die stigters en was 23 jaar lank die direkteure van Lion Uitgewers. Pat het ’n graad in Engels van die Universiteit van Bristol, en David een in moderne tale van dié van Oxford.
Dee Henderson, wat nog haar lewe lank in Illinois in die VSA woon, is 'n bekroonde romanskrywer. Haar romans wat topverkopers in hierdie marksegment was, sluit in The guardian, wat die Christy Award verower het, en Danger in the shadows, wat die RITA Award ingepalm het.
Dorothy Clark woon in die platteland van die Amerikaanse staat New York en is 'n kreatiewe persoon wat graag haar kleinkinders se sportbyeenkomste en musiekkonserte bywoon.
Hannah Alexander is die naam waaronder die skrywerspaar Cheryl en Mel Hodde bekend staan. Toe hulle mekaar ontmoet het, het Cheryl al verskeie tydskrifartikels gepubliseer, terwyl Mel pas begin het in sy nuwe pos as hoof van die ongevalleafdeling by die plaaslike hospitaal.
Helmut Thielicke het verskeie eredoktorsgrade van universiteite oor die wêreld heen ontvang. Dié Duitser was nie net 'n briljante geleerde en skrywer van akademiese sowel as populêre boeke oor die godsdiens nie, maar ook 'n vermaarde prediker.